Francis Fukuyama

Francis Fukuyama
Francis Fukuyama in 2005

Geboortenaam Yoshihiro Francis Fukuyama
Gebore 27 Oktober 1952 (1952-10-27)
Chicago, Illinois
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Vakgebied Ontwikkeling van nasies, regering, internasionale politieke ekonomie, nasiebou en demokratisering
Bekend vir The End of history and the Last Man
Beïnvloed deur Aristoteles, Friedrich Nietzsche, e.a.

Yoshihiro Francis Fukuyama (Chicago, 27 Oktober 1952) is 'n Amerikaanse sosioloog, politieke wetenskaplike en filosoof. Fukuyama is sedert Julie 2010 'n senior genoot by die Freeman Spogli Instituut vir Internasionale Studies en 'n Mosbacher-direkteur van die Sentrum vir Demokrasie, Ontwikkeling en die Oppergesag van die Reg aan die Stanford Universiteit [1] In Augustus 2019 is hy aangewys as direkteur van die Ford Dorsey Meester in Internasionale Beleid by Stanford [2]

Voor dit het hy gedien as 'n professor en direkteur van die Internasionale Ontwikkelingsprogram by Paul H. Nitze Skool vir Gevorderde Internasionale Studies van die Johns Hopkins-universiteit in Baltimore. Voorheen was hy Omer L. en Nancy Hirst Professor in Openbare Beleid aan die Skool vir Openbare Beleid by die George Mason universiteit.[1] Hy staan bekend as 'n neokonserwatiewe denker. Sy bekendste werke is The End of History and the Last Man (1992) en The Great Disruption (1996).

  1. 1,0 1,1 "Francis Fukuyama". Stanford Freeman Spogli Institute for International Studies.
  2. "Francis Fukuyama to lead the Ford Dorsey Master's in International Policy Program". Stanford News. 21 Julie 2019. Besoek op 6 Augustus 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search